Daar is ‘n gesegde wat sê:
“Your life might be the only Bible some people read”.
Bietjie scary gedagte né?
Maar as ons besef dat God ons deur sy Gees in staat stel om sy getuies te wees, besef wat Hy vir ons gedoen het – besef dat daar so baie mense is wat nog nie sy liefde ken of dit nog ooit beleef het nie, besef dat sy oneindige krag in ons is en besef dat Hy ons (sy Kerk!) stuur om te gaan vertel van sy liefde – hoe kan ons dan anders as om sy getuies te wil wees, in ons daaglikse lewens, met alles wat ons is?

“hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo. Dit is dieselfde kragtige werking van sy mag wat Hy uitgeoefen het toe Hy Christus uit die dood opgewek en Hom in die hemel aan sy regterhand laat sit het”
You’ve got the power!! Maar sien, as ons maar net deur die motions gaan en ter wille van onsself bid en Bybellees en ter wille van onsself “kerk toe gaan”, en niks meer nie, gaan ons nie vreeslik ver kom nie.
Ongelukkig is dit so dat ons as Kerk soms besig raak met “kerk” – met al die dingetjies wat “kerklik” is, met onsself en ons eie pogings om heilig te probeer wees en God tevrede te stel dat ons die liefde van God bietjie vergeet en nie altyd Kerk IS nie. Daarom beskuldig mense maklik Christene daarvan dat hulle skynheilig is en dat Christene net mense veroordeel en dink hulle is beter as ander.
Ons moenie uitgeken word aan ons meerderwaardige houding, of die Bybel onder die arm, of die feit dat ons net oor Jesus en kerk praat, of die feit dat ons “kerk toe gaan” nie – nee, eerstens moet die een ding wees wat ons onderskei, wat sigbaar wys dat ons kinders van die Here is, dissipels/navolgers van Jesus is, dat ons mekaar liefhet. Liefde. Ons moet liefhê!
Johannes 13:34-35
“Ek gee julle ‘n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê. As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is.”
As ons besef dat ons die potensiaal, die Goddelike krag in ons ingeskape het om deur ons lewens – deur ons optrede – iemand anders se lewe te kan verander gaan ons tog met ander oë na ons daaglikse lewe kyk – opsoek na geleenthede om God se lewensveranderende liefde met ander mense te deel.