Hande en Voete: Bedieninge waar jy betrokke kan raak in ons gemeente.
Jeugbediening
Die KidzKerk en tieners is vir ons baie belangrik. Ons skool ons kinders in die stories van die Bybel tot en met Graad 6. Kontak ons groot asseblief as jy geroepe voel om te kom help by KidzKerk. Ons wil genoeg hande hê sodat ons verskillende groepe kan hê en elke kind behoorlik op sy/haar vlak bedien kan word.
Ons hoërskoolkinders word aangemoedig om ook alreeds betrokke te begin raak deur as hulpaanbieders te dien by die KidzKerk. Na die erediens kom al die Tieners saam met die leraar bymekaar.
Erediensspan
Sondae eredienste het verskeie fasette: musiek, data projekter, klank, opneem van offergawes, gasvryheidsbediening, nuwe lidmate, kindertyd, prediking, ens. Ons is op die oomblik spesifiek opsoek na nog mense wat kan deel word van hierdie span en kan help as beeld- en/of klankoperateurs.
Getuienissspan (JAO)
Ons getuienisspan werk plaaslik en oorsee en sorg dat die gemeente die geleentheid gebied word om ook ons getuienis in Jesus na buite uit te leef.
Die span is ook die ondersteuningsspan vir ons sendelinge plaaslik en oorsee.
HoutbaaiGemeente is verbind tot Sendelinginge in die volgende areas:
- Houtbaai hawe, Biblia Hawebediening
- Kaapstad en Afrika
- Petra Kollege kinder-opleiding in Afrika en internasionaal
- Medewerkers in Midde Ooste, Ooste, Verre Ooste
Noodleniging
Hierdie bediening sien om na spesifiek mense in nood in die gemeente asook die gemeenskap.
Gemeenskapsvennote – HoutbaaiGemeeente huisves ook twee NGO’s wat weekliks in die gemeente opereer en ‘n diens lewer aan die gemeenskap:
- BETHESDA Bediening vir gestremdes.
- Ma.-Vry. 08h00-17h00