DINK JEUG


Sondag, 6 Maart 2022
Intergenerasionele erediens wenkTema: Lydenstyd
Verduidelik hierdie Sondag dat die kerkjaar seisoen – Lydenstyd – nou aanbreek en hoe families dit prakties kan vier. Ons gaan oor die volgende paar weke die verskillende simbole van Lydenstyd gebruik, soos ‘n kruis, doringkroon ens. om hieroor te gesels. Steek vandag vooraf al die kerse van die sewekandelaar aan.
 
Goeie nuus en slegte nuus
Laat almal na mekaar draai en hulle goeie en slegte nuus (lief en leed / soet en suur) met mekaar deel. Vra vir terugvoer in die groot groep en deel vir almal wat iets vertel, ‘n sjokolade uit.
 
Lydenstyd
Verduidelik dat ons in ‘n nuwe kerkjaar seisoen is – Lydenstyd, die 7 weke voor Paasfees. Maak gebruik van die kerkjaar uitdeelstuk en vertoon dit ook op die skerm. In Lydenstyd dink ons aan Jesus se laaste tyd op aarde en sy lyding. Dit help ons ook om te onthou dat Jesus nie net in die goeie tye en oorwinnings is nie, maar ook in ons swaarkry tye is. Hy verstaan ons uitdagings, Hy reis saam met ons en dra ook ons laste.
 
Die Sewekandelaar (menora)
Lydenstyd begin met Aswoensdag (dit was verlede Woensdag, 2 Maart 2022) en duur 40 dae (Sondae word nie bygetel nie) tot en met Goeie Vrydag. Die sewekandelaar (menora) word gebruik om die tyd af te tel –  een kers meer word elke Sondag doodgeblaas, en op Goeie Vrydag, die laaste kers.
 
Gebedsritueel
Laat een van die kinders een kers nou kom doodblaas. Laat almal daarna vir mekaar bid en/of vir mense wat siek is of swaarkry in die gemeente.
 
Moedig hulle aan om dit tuis ook te doen. Hulle kan enige 7 kerse gebruik en dan by ete almal eers aansteek. Blaas dan 1 kers dood (elke week een meer kers). Wanneer ons na die kers(e) kyk wat doodgeblaas is, onthou ons dat Jesus lyding ken en ook by ons (en ander) is wanneer ons swaarkry. Daarom kan ons vir mekaar en ander mense bid.
 
DinkJeug Familie App
Nooi families om hulle hierdie Lydenstyd daartoe te verbind om die DinkJeug Familie App daagliks (Sondae tot Vrydae) te gebruik om huisgeloof te doen. Dit neem slegs 5-10 minute per dag. Hierdie week (6-11 Maart 2022) handel die podcasts oor die tema: God se stem (Romeine 10:8-13).
Laai die app af by:
Google Play: https://play.google.com/store/apps/details?id=com.dinkjeug.dinkjeugapp&hl=en
Apple iStore: https://apps.apple.com/za/app/dinkjeug-families/id1504077715
 
Meer oor lydenstyd hier: https://dinkjeug.co.za/meer-oor-lydenstyd/
Meer doen idees vir gesinne hier: https://dinkjeug.co.za/doen-idees-vir-lydenstyd-en-goeie-vrydag/
Laai die kerkjaar kalender hier af: https://dinkjeug.co.za/kerkjaar-kalender/Lydenstyd hulpbronne
Meer oor Lydenstyd hier: https://dinkjeug.co.za/meer-oor-lydenstyd/



Meer doen idees vir gesinne hier: https://dinkjeug.co.za/doen-idees-vir-lydenstyd-en-goeie-vrydag/ 



Besoek gerus DinkJeug se Lydenstyd | Paasfees bladsy vir nog idees en hulpbronne.
 Familie TuisbladGesels, doen en bid saam as gesin oor hierdie week se tema.Lees meer hier. Familie AppOns reis hierdie week (6-11 Maart) saam deur Romeine 10 en hoor hoe God se Gees ons lei om nie net te hoor en te glo wat ons lees en waarvan die Gees ons oortuig nie, maar om ook dit te bely en hierdie boodskap met ander te deel.

Sondag: Rom 10: 8-13   
God is TE groot?
Maandag: Rom 10:8-9Die stem in jou hart en gedagtes
Dinsdag: Rom 10:10
Die stem wat oortuig 
Woensdag: Rom 10:11-12
Die stem wat eggo vir almal 
Donderdag: Rom 10:12-13
Die stem wat red
Vrydag: Rom 10:8-13
Die stem in jou Laai die app hier af:
Apple iStore
Google PlayDinkJeug Kategete PodcastMaak ‘n verskil in jou gemeenskap
Luister hier na die podcast en stuur dit gerus aan ander kleingroep leiers.