3 September 2017 Jeugdiens en Braai!

Sondag die 3de September is ‘n GROOT Sondag! Daar is ‘n klomp dinge wat daai dag gebeur.

Eerstens het ons ‘n Jeuggroep van Stilbaai wat vir ons kom kuier en ons kom bedien met hulle band. Ons sien uit om hulle in Houtbaai te verwelkom!

Dit beteken ook, tweedens, dat die diens ‘n Spesiale Jeugdiens gaan wees. So ons wil al ons jongmense spesiaal uitnooi om te kom saam kuier. Moenie dit mis nie!

Derdens wil ons ook graag al die ouers uitnooi, omdat daar direk na die diens ‘n belangrike ontmoeting is spesifiek ook oor ons Jeugbediening. Ons wil by hierdie geleentheid saam gesels oor die uitbreiding en verdieping van die bediening aan jongmense in Houtbaai. Maar ons het jou nodig, so kom spring in en gesels saam.

Vierdens (my mond water nou al…!) is dit weer tyd om lekker saam te braai en as gemeente saam te kuier. So moenie na die diens verdwyn nie (behalwe as jy jou kortbroek vergeet het) en kom eet en kuier saam. Ons hou ‘n groot hoenderbraai wat skrik vir niks met al die bykomstighede. So al wat jy hoef te bring is jou eie drinkgoed en eie eetgerei.

So langs die vuur is mos nou die perfekte plek om mekaar beter te leer ken! Kom val in – ek sien uit om saam met jou te kuier!

Sien jou daar!