Sondag 1 April 2018 is dit Paasfees en ons vier die opstanding van die Here! Ons gaan die dag tegemoet alreeds vanaf 6:30 die oggend sodat ons saam die sonsopkoms kan sien. So kan ons onthou dat soos wat die son se lig die duisternis breek en die nuwe dag aankondig, so het die Here se opstanding die duisternis en die dood oorwin en vir ons nuwe lewe in Hom aangekondig.
Ons eet Paasontbyt vanaf 6:30, so bring vir jou en jou gesin ‘n ietsie vir ontbyt saam en ook jou eetgerei. Om 7:00 begin ons erediens en Opstandingsfees en dan is daar m.a.w. nie 09:30 erediens nie.
Kom vier die Opstanding saam met ons en bring eer aan die Opgestane, Lewende Here!
Hier is wat jy moet weet:
Paasontbyt en Opstandingsfees
- 06:30 vm – Paasontbyt
- 06:59 vm – Sonsopkoms
- 07:00 vm – Erediens
- Pak ‘n mandjie en bring ietsie vir ontbyt saam (en jou eetgerei en koeldrank!)
Mag die Here jou seën hierdie Paasnaweek en mag Hy jou opnuut herinner aan sy oneindige genade!