Kerssangdiens 19 November 2017

Hierdie Sondag, die 19de November is dit uiteindelik tyd vir ons groot buitelug Kerssangdiens. Jy en jou gesin word spesiaal uitgenooi om saam met ons te kom hulde bring aan die Koning! Kom deel in hierdie spesiale geleentheid as ons die liefde van die Here met mekaar kan deel en beleef deur ons samesyn – ‘n aand vol musiek en samesang en as ons ons stemme voeg by die kore van engele wat sing: Eer aan God in die hoogste hemel!

Ons gaan lekker in die lig van ons eie kersboom hier in ons tuin, onder die sterre, ‘n offer van Lof deur ons Kersliedere bring.  Ons begin om 19h30 die aand (sodat ons darem al die sterretjies kan begin sien teen die tyd dat ons klaar is!) en het dus nie hierdie Sondag ‘n oggenddiens nie.

Hoop om jou daar te sien! Bring die familie en oupa en ouma en skoonma en al jou bure ook saam.

Ek sien uit om saam met jou tot eer van die Koning te sing!

Kom buig daar in aanbidding!