Rus by die Here

Hoe belangrik is dit vir jou om te rus, om te recharge, om soms te ontspan? Hierdie kan dalk klink na ‘n vraag met ‘n maklike antwoord, maar in die tyd waarin ons leef raak dit al belangriker.  In ‘n wêreld wat gedryf word deur performance waar uitslae belangriker is as mense se eie welstand en belangriker is as goeie verhoudings is dit maklik om meegesleur te word daardeur en op daai trein te klim net om êrens te kom in die lewe.

Die probleem is egter dat die trein met alles wat ons is kan wegjaag en dan bly daar niks van onsself oor nie.  Daarom moet jy soms van die trein afklim en net weer bietjie bene rek en ontspan.  Dit beteken ook om te kies vir wat werklik belangrik is (en om te kan nee sê vir ander goed!)  en dit geld ook vir jou tyd. Ons moet natuurlik hard werk en alles gee wat ons kan, maar ons moet die wysheid hê om te weet wanneer om te recharge, sodat ons weer voluit kan gaan vir God!

Net soos jou selfoon nie gaan charge as jy hom net bietjie op sy rug laat lê vir ‘n rukkie nie, gaan dit jou ook nie altyd veel help om net bietjie te lê nie.  Mens moet iewers ingeprop wees.  Mense doen partykeer dom dinge net sodat hulle kan beter voel of sodat hulle van hulle probleme kan vergeet.  Dis belangrik om ‘n goeie gesonde manier te kry om werklik te recharge.  Soms help dit om net ‘n rukkie op jou rug te lê, maar ons moet hierdie bietjie tyd ook regtig goed gebruik en moet daarom dinge doen wat ons werklik energize!  Doen iets wat maak dat jy regtig energie het om die wêreld oor te neem en nie dinge wat jou net meer drain en die berg voor jou net groter maak nie.

Ons moet besef waar ons krag lê.  Om te weet van Wie ons afhanklik is.  Die wêreld probeer onstnap, vernietig, kroek en vertrap om probleme uit die weg te ruim. Maar as kinders van die Here kan ons by Hom rus vind – binne in die storm, ten spyte van al die uitdagings.  Om Jesus te volg beteken nie dat ons nou in ‘n protective bubble klim nie, maar dat ons kan rus en vrede hê al gaan dit woes, juis omdat ons weet dat Hy God is en dat ons in sy Hand is.

In Matteus 11:28 nooi die Here ons uit om by Hom rus te vind:

“Come to me, all you who are weary and burdened,
and I will give you rest.”

Kom ons hou op om ons rus op ander plekke te soek en gaan na Hom toe as ons moeg en oorlaai is!