Dis JAO-Feesweek!

Hierdie Sondag 10 Junie is die groot dag: ons hou JAO-FEES!
Hier is die info:
  • PLEK: HoutbaaiGemeente, Oxfordstraat 30
  • TYD: 10 Junie @ 09:30
  • SPREKER: Dirk Coetsee van Petra Instituut vir Kinderbediening
  • TEMA: “Staal” – 2 Korintiërs 4:1-18
  • ETE: “Chinese“-Braai. GOEIE NUUS – jy hoef niks saam te bring vir die ete nie! Die kos, eetgerei en drinkgoed sal hier wees.
  • KINDERS: Bring groot asseblief die kinders saam! Daar is ‘n springkasteel en ‘n paar ander verrassings spesiaal vir hulle!
Die fees is ook ons geloofsofferfees waar ons elkeen se bydrae/belofte/commitment, bo-en-behalwe ons normale dankoffer nodig het om al ons sendelinge vir nog ‘n jaar te kan ondersteun. Kom ons begin nou al elkeen tyd in gebed spandeer om vir die Here te vra om ons hierin ook te lei.Die Kerkgebou sal môre, 8 Junie 2018, vanaf 08:00-16:00 en weer 18:00-22:00 oop en beskikbaar wees vir gebed. Kom ons tree saam as gemeente in vir hierdie fees – vir Sondag se verrigtinge, maar ook vir die vrug wat dit kan voortbring vir die Koninkryk!

Hier onder is ook ‘n voorbeeld van hoe die geloofsofferkaartjies, voor én agter, lyk wat ons graag Sondag wil uitdeel en inneem, met die oog op die ondersteuning van ons sendelinge. Kyk groot asseblief solank, ter voorbereiding vir Sondag, daarna. Onthou daar is twee verskillende afskeurstrokies wat in twee aparte bokse ingaan, so jou bydrae is heeltemal anoniem!

Kom ons maak dit ‘n span poging en maak dit werklik ‘n gemeente familiefees waar ons lekker saam kan kuier, saam werk en saam feesvier en so ook nader aanmekaar kan groei.

Sien jou daar!