JAO-Fees

Op 6 Maart 2022 is dit weer tyd vir ons jaarlikse JAO Geloofsofferfees en jy (en jou bure en jou hele familie!) is genooi.

By die fees val die fokus op ons Sending-roeping, om die Evangelie aan die hele wêreld te verkondig. En veral op die Sendelinge wat deur ons gemeente ondersteun word.

Ons is bevoorreg om hierdie jaar vir Ds. Marieda Duff en haar man, Jade te verwelkom as gassprekers by ons erediens.

‘n Paar van ons eie sendelinge kom ook vir ons kuier, onderandere: Dirk en Taleta Coetsee, van Petra Instituut vir Kinderbediening, Jaco en Sandra Leeuwner van Biblia en Chrisma & Gerhard Badenhorst van ZFNT en hulle seun, Clemence. Ons sien baie uit om hulle te sien.

Die fees is ook ons geloofsofferfees waar ons elkeen se bydrae/belofte/commitment, bo-en-behalwe ons normale dankoffer nodig het om al ons sendelinge vir nog ‘n jaar te kan ondersteun. Kom ons begin nou al elkeen tyd in gebed spandeer om vir die Here te vra om ons hierin ook te lei.

Die fees is egter ook natuurlik ‘n groot gemeentefees! Dit beteken dat ons gaan saam kuier en heerlik saam gaan eet. Hierdie jaar hou ons ‘n Steakroll braai en slaai. Ons sien baie uit om ieder en elk daar te sien.

Sien jou daar!